Previous chapter

Inleiding

As gevolg van sekere gebeure het dit nodig geword om, soos Paulus aan die Gemeente van Korinthe, die vrae “waaroor julle aan my geskryf het …”, te beantwoord. Die besondere tema oor die huwelik moet nog ‘n maal deeglik belig word.

Soos met alle ander leringe wat van God geskenk is, moet ook hierdie belangrike onderwerp uit die gebied van bespreking gehaal word, en met die hulp van God, sal dit met hierdie uiterse ingewikkelde onderwerp betreffende ons aardse lewe, deur duidelike bybelse verklaringe en bo alle twyfel geopenbaar word. Aangesien die krisisse wat tussen paartjies ontstaan, ​​net so oud is soos die huwelik self, het dit onder die mense bestaan in die tyd van Moses, in die tyd van ons Here en van die apostels, en in alle tye. Maar nou hou dit veral verband met die hede, waarin ons dan ook die antwoorde op alle vrae en probleme wat met hierdie onderwerp verband hou, in die Heilige Skrif het. Daar bestaan ongelukkig nie ‘n enkele hoofstuk waar die antwoorde op die vrae betreffende hierdie ingewikkelde onderwerp, bymekaar gebring en omvattend behandel word, soos ons dit graag sou wou hê nie. Die gedeeltes wat hieroor handel, net soos met ander temas, is wyd verstrooid en die antwoorde net gedeeltelik hier en daar te vinde, wat dan saamgestel moet word.

Ons leef in die laaste Gemeentelike periode, waarin alles, deur die openbaring van die Gees, bekend gemaak word en weer na die oorspronklike stand, na die goddelike orde, teruggebring word. Ons Hemelse Vader is besorgd oor die welstand van die wat aan Hom behoort, en het ons nie in onsekerheid gelaat oor hierdie tema nie. Hy weet hoeveel hartseer daar is weens die gebrek aan vrede in gesinne, en wil Sy kinders bewaar sodat hulle Hom kan dien met vreugdevolle harte en onbeswaarde siele. Ook op hierdie gebied gee Hy vaderlike aanwysings.

Hierdie publikasie is gebasseer op die (Engelse) prediking “Huwelik en Egskeiding”, gelewer deur William Branham op 21 Februarie, 1965, wat geheel ooreenstem met die Heilige Skrif. Net soos Paulus aan die begin, het Hy direkte opdrag van die Here ontvang om die tema “Huwelik en Egskeiding” daar te stel, in ooreenstemming met die Skrif. In sy eie woorde, is die konteks van hierdie tema aan hom gegee tesame met die bybelgedeeltes wat verband hou daarmee. Hy het klem gelê daarop, dat hierdie openbaring wat hy na die Gemeente gebring het, 'n integrale deel is van die 'verborgenhede' wat met die opening van die Seëls geopenbaar is. Soos ons weet, is 'n 'openbaring' iets wat nie voorheen bekend was nie. William Branham was egter huiwerig om oor hierdie tema te praat. Hy het gevrees dat dit misverstaan sou word, en moontlik selfs skeidings en ander dinge sou veroorsaak. In sy prediking “The Third Exodus” (“Die Derde Uittog”) van 30 Junie, 1963, het hy herhaaldelik gesê dat iets met hom gepraat en gesê het: “Neem (die preek) Huwelik en Egskeiding op band op”. Verder gesê: “Sien? As die Here dit toelaat, as dit op my hart bly, en as die Here my nog meer oor hierdie onderwerp wys, dink ek sal ek dit op band opneem”. Hy het bygevoeg: “Ek wil graag af gaan en dit vir die regter en van sy kolegas speel, sodat hulle weet wat die Here oor die huwelik en egskeiding sê” (bl. 5-6).

Dit was eers nadat die Here hom weer beveel het om die berge in te gaan, waar die Here weer in die bonatuurlike wolk neergedaal het en met hom gepraat het oor die huwelik en die egskeiding, dat hy die boodskap wat aan hom geopenbaar was aan sy gemeente in Jeffersonville gebring het. Aanhaling: “Iets het vir my gesê: 'Gaan die berg in, dan sal Ek met jou praat' … Die hele stad se mense het dit aanskou; dit was 'n helder, wolk-lose dag, behalwe vir hierdie groot roos-kleurige wolk, wat daar gehang het, wat dan in die vorm van 'n tregter teruggegaan en versprei het. Vriende, dit is wat dit aan my geopenbaar het, wat ek nou aan julle gaan vertel. So, moet dit tog nie mis nie” (Huwelik en Egskeiding, bl. 51 & 52).

Dit wat voorheen gebeur het, word in ons dag herhaal: Ons wil graag ‘n profeet hoor, maar terselfdertyd verwag ons dat hy dit sal sê waaraan ons ore gewoond is, dit alles wat andere al geleer het. Al kom 'n Idee 'n lang tyd aan, of kom paslik voor en lyk diep godsdienstig, kan dit egter heeltemal onbybels wees. Die 400 manne wie onder ‘n leuengees geprofeteer het in die tyd van Agab, was erkende profete, ware profete van die gemeente van Israel. Aan die ander kant, was Miga ‘'n ware profeet van God'. Dit maak 'n groot verskil. Onse Here Jesus het vooruit gespreek, dat daar in die laaste dae baie valse profete na vore sou tree. Maar Hy het ook dit bevestig wat deur die profeet Maleagi belowe is, dat 'n “profeet Elia” sou kom “om alles te herstel” (Matt. 17:11; Hand. 3: 19-21), voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek. Die Woord het altyd na die profete toe gekom, en hulle kon presies getuig van die dag, die maand en die jaar, toe hulle dit ontvang het (Hag. 2: 1,10,18; onder andere). Wat geskryf was, is nog steeds geldig vandag: “Want die Here Here doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7; Openb. 10:7; onder andere).

Die boodskapper wie vir Miga kom roep het, het vir die dienskneg wat deur God gestuur is gesê: “...laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge” (IIKron. 18: 12b-13). Sedekía, wie die belangrikste profeet onder hulle was, het toe horings van yster gemaak en kragtig geprofeteer en uitgeroep: “So spreek die Here” (v.10). Maar dit was nie “So spreek die Here van die leërskare” nie, maar wel: “So spreek die here Sedekia”. Toe die man van God eerstens alles begin sê wat die ander gesê het, het selfs Agab, die afvallige koning, besef dat iets verkeerd was. Toe beveel hy en besweer selfs die profeet dat jy niks as die waarheid in die Naam van die Here spreek nie (v.15). Daarop gee Miga toe die openbaring wat hy ontvang het, aan die twee konings, Jósafat en Agab. Want ná die 400 profete, het Jósafat gevra of daar niemand anders was, wie hulle nog nie aangehoor het nie, deur wie God gepraat het. Die openbaring het gelui: Hoor die Woord van die Here. Ek het die Here sien sit op Sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan Sy regter- en Sy linkerhand staan” (v.18).

Slegs Miga het die Woord van die Here, die ware Gees van God, die so spreek die Here, gehad; die ander profete het 'n leuengees gehad, wat altyd 'n godsdienstige voorkoms het. Solank as ‘n man, wat ‘deur God gestuur’ is, se verkondiging net soos al die ander is, het God glad nie deur hom gepraat nie. Eers wanneer hy die openbaring bekend maak, wat hy van God ontvang het, wat altyd verskil van die algemene en tradisionele leringe, maar nietemin altyd in ooreenstemming is met die getuienis van die Heilige Skrif, dan is dit dít wat die Here gespreek het. 

Broeder Branham het die bypassende bybel-gedeeltes gebruik, wat die Here hom getoon het en hy het dit telkens in die regte konteks en samehang aangegee; om daardie rede noem onverskillige waarnemers hom 'n profeet “wat vasgevang is in die Ou Testament”. Maar ondanks die vergelykings uit die Ou Testament, is sy prediking duidelik gerig aan die Here se Gemeente van hierdie laaste tydperk. Die God van die Ou Testament is egter ook God van die Nuwe Testament. Hy bly immers dieselfde, gister, vandag en tot in ewigheid. Vir ewig waar is dat: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid ...” (IITim. 3:16).

As daar in die Nuwe Testament gesê word: “… soos die Skrif sê ...”, of “… soos geskrywe is ...”, of “… sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word ...”, is die verwysing altyd uit die Ou Testament. Die Nuwe Testament het inderdaad eers daarna tot stand gekom. Tydens die eerste twee eeue was die evangelies en die sendbriewe van die apostels in die gemeentes rond gestuur. Paulus noem dit in sy brief aan die Kolossense: “En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees” (Kol. 4:16).

Eusebius en Athanasius het eers tussen die einde van die derde en die begin van die vierde eeu, die geskrifte versamel in 'n enkele boek, wat ons nou ken as die 'Nuwe Testament' — ook bekend as die ‘kanon’, wat 'norm' of 'rigsnoer' beteken. Die preke, hetsy van die Here, of van die apostels, bestaan uitsluitlik net uit tekste aangehaal vanuit die Ou Testament. “En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan” (Luk. 24: 44-45). Onse Here het in Johannes 7, vers 38, uitgeroep: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê …”. Lukas getuig hoedat Paulus “… vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus” (Hand. 28:23). Ons vind ooreenstemmende gedeeltes aangehaal vanuit die Ou Testament, vanaf Matthéüs 1, regdeur die evangelies, tot die Pinkster-gebeurtenis, en natuurlik op Pinksterdag (Handelinge 2). Ook met elke stap wat in die verlossingsplan vorentoe geneem word, en ook in elke bybellering van die sendbriewe van die apostels, tot met die van Judas, vind ons dit.

Die ‘leringe’ wat losstaan van die wet van God, is die leringe van “die wettelose”, soos Paulus sê (IIThes. 2:3, oorspr. vert.). God is vir altyd gebonde aan Sy Woord. Hy bind ook hulle wie vashou aan daardie Woord, sodat hulle ware vryheid kan ervaar. Dit pas perfek in by die nuwe-testamentiese prediking, en die feit dat Broeder Branham praktiese voorbeelde gebruik wat die Here self gegee het en wat uit die Ou Testament kom, werk alles ten goede mee, “sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (IITim. 3:17).

'n Lering kan slegs ‘bybels’ wees as beide, die Ou- en die Nuwe Testament in ag geneem en in harmonie oorgebring word. Dit is om hierdie rede dat die sogenaamde Christelike Geloofs-belydenisse op ‘n dwaalspoor is, omdat hulle nie verband hou met die grondlegging vanuit die Ou Testament nie. In sy prediking “Die Huwelik en Egskeiding”, verras die man van God ons voortdurend deur sy ongewone vergelykings wat hy, soos aan ons almal bekend is, nie sou kon doen op sy eie nie. Hy het, in die nederigheid wat aan hom gegee is, gesê: “As dit 'n bybelse vraag is, moet dit ook 'n bybelse antwoord het”. Die bybelse antwoorde wat hy gegee het, pas egter nie in by die moderne idees nie. Die gees van hierdie tyd heers oral, onder die vaandel van vroue gelykheid. Volle emansipasie is ‘die in-ding’ en wee die een wat met 'outydse’ en ‘verouderde’ bybelstellings kom. 

Next chapter