Mission Populaire Libre

Jésus-Christ est le même hier, aujourd'hui et éternellement" (Hèbreux 13:8)

Langue:

Daar is Geskrywe… / Ewald Frank

Langue: Afrikaans

Other languages

'n Bybelse Uiteensetting
Die grootste skat wat ons in ons hande kan hou, is die geskrewe Woord van God; die hemel en die aarde sal vergaan, maar die Woord van God bly staan tot in ewigheid. Daarin het God vir ons Sy volledige plan met die mensdom geopenbaar. Eers was die gesproke Woord gegee aan die profete, wie dit toe neergeskrywe het. Later gebruik die HERE toe die apostels om Sy getuienis aan ons te laat. So ontvang ons beide die Ou en die Nuwe Testament ter behoud. In die Ou Testament kry ons die skadu-beelde, instruksies en beloftes; in die Nuwe, vind ons ‘n oorweldigende verslag daaroor, hoe al die spesifieke skrifte tot op die letter presies vervul word.